5 October 2021

Woon ’n gratis webinaar by om raad te kry oor die herstelpad ná verwoestende veldbrande.

Die verwoestende veldbrande in Augustus en September in die Noord-Kaap het honderdduisende hektaar weiveld vernietig en boere met talle vrae oor die pad vorentoe gelaat.

Landbouweekblad bied op Donderdag 7 Oktober om 14:00 ’n gratis webinaar aan waarin verskeie kenners raad gee aan boere wat skade gely het.

Die gesprek word gelei deur Neil de Klerk, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by GWK, en webinaargangers sal ook die geleentheid kry om vrae te stel.

Frans du Plessis, GWK Agri se besturende direkteur, sal gesels oor die beskikbaarheid van produkte en voorraad tydens ’n ramptoestand. Jy kan ook meer uitvind oor GWK se Net ’n Druppel-veldtog en hoe die maatskappy boere ná die brande ondersteun.

Jahn Hohne, uitvoerende hoof van Ekapa Mining, sal uitwei oor die lesse wat dié myngroep uit vorige rampsituasies geleer het en hul bydrae tot die gemeenskap en omgewing.

Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, gesels saam oor die georganiseerde landbou se rol gedurende en ná brande, terwyl Paul van den Berg, FNB se streekhoof in die Vrystaat en Noord-Kaap, toeligting gee oor finansiële beplanning en hoe boere te werk kan gaan as hulle hul vee verkoop en die geld belê totdat weiding herstel het voordat hulle dan weer vee koop.

Brandversekering kom ook aan die beurt en boere kan kers opsteek by Emil Pretorius, bestuurder: Santam Segment Solutions AGRI.

Urbanus Badenhorst, dierevoedingskundige by Agri Development Solutions en Lubern Voere, vertel meer oor oorbruggingsprobleme wat boere in die gesig staar ten opsigte van verskillende voedingscenario’s, kostedoeltreffendheid en die verskuiwing van diere na ander huur- of hulpweiveld. Hy bespreek die koste, praktyk en beperkinge.

Jy kan ook uitsien na Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, se bydrae oor reënvalvooruitsigte en risiko’s vir die somerseisoen.

Laaste, maar nie die minste nie, kan jy luister na Linja Allen van die Orion Boerebrandfonds, Kimberley, se inspirerende verhaal van hoe sy en ander belanghebbendes tegnologie ingespan het om geld in te samel om broodnodige brandbestryding ten tye van die brande moontlik te maak. Sy gaan ook kyk na die rol van gemeenskapsbetrokkenheid om brande te bestry en hulp te verleen.

Hierdie gratis webinaar is ’n moet. Klik HIERom te registreer. Laai die program HIER af.

Source

BPC REPORT 4: 1.2.0 Free 26/04/2024 21:55:43 Active Has SSL Checklist Table Built